Ons hartklop is om God te eer deur mense te dissipel in Sy Woord, krag en teenwoordigheid.

In hierdie Sondag se diens het André de Jager bedien oor die belangrikheid dat ons nie net die wapenrusting van God oor ons moet bid nie, maar dat ons sal verstaan hoe om die volle wapenrusting van die Here aan te trek. André het verder bedien oor hoe dit lyk wanneer die vyand ons aanval, en hoe die wapenrusting van die Here ons beskerm.