Aanlyn gee
Gebruik die volgende bankbesonderhede:
Every Nation Kruislig
FNB
6286 0124 272
250655
Tjekrekening
In persoon
Jy kan ook offerandes, tiendes of goedere in persoon gee by die Sondae byeenkomste of by ons kerkkantoor:
Every Nation Kruislig
233c Joubert Straat ,Rustenburg
082 418 9349
info@enrustenburg.co.za
tiendes
Wat word bedoel met die tiende? Waar moet ek my tiende gee? Hoeveel moet ek gee? Die volgende 3 woorde sal help om hierdie vrae te beantwoord:
Tiende
Die tiende is tien persent van ons inkomste. Die tiende (eersteling) behoort aan God.
“Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en offergawe.” Maleagi 3:8
“Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef my tog hierin, sê die Here van die leërskare, of ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.” Maleagi 3:10
Eersteling
Die tiende is die eerste, nie die oorblyfsel nie. Die tiende gee God eerste plek in ons finansies. Dit eer Hom vir wat ons het, en bevestig ons vertroue in Hom vir dit wat ons nodig het.
“En toe die bevel verby is, het die kinders van Israel baie eerstelinge van koring, mos en olie en heuning van elke opbrengs van die land ingelewer en die tiendes van alles in menigste ingebring.” 2 Kronieke 31:5
offerandes
Offerandes
Offerandes word gesien as bo en behalwe jou tiende. Vrygewigheid is vorm deel van 'n gelowige se lewe en by Kruislig is ons geseënd om 'n seën vir ander te wees. Vrygewigheid is die vrug van 'n dankbare hart.
DIE REGTE GESINDHEID
Paulus het na die kerk in Masedonia verwys as ‘n voorbeeld vir ander kerke met betrekking tot vrygewigheid. Ons doen goed deur hulle gesindheid na te volg in hoe ons gee.
Hulle het vrygewig gegee.
“Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig, en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid.” 2 Korintiërs 8:2
Hulle het bo hulle vermoë gegee.
“Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra.” 2 Korintiërs 8:3
Hulle het met verwagting gegee.
“Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.” 2 Korintiërs 9:6
Hulle het blymoediglik gegee.
“ Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief” 2 Korintiërs 9:7
Hoekom gee ons?
Jesus het meer oor finansies gepraat as oor gebed en redding gesamentlik. As ons alles wat Jesus ons geleer het oor finansies moes verwyder, sou ons Sy leringe met een derde verminder. Ongeveer 2350 verse in die Bybel handel oor geld, wat ‘n groot klem op die onderwerp plaas. Hoekom? Ons moet verstaan dat geld in opsigself nie boos is nie, maar die liefde vir geld is. Geld openbaar ons ware motiewe en toestand van ons hart. Die manier wat ons ons geld spandeer en prioritiseer is ‘n direkte weerspieëling van ons waardestelsel. Ons prioritiseer ons finansies in lyn met dit wat vir ons waarde het en dit waarvoor ons lief is. As Christene prioritiseer ons ons geld en hulpbronne om uitdrukking te gee aan ons liefde:
Ons liefde vir GOD
word uitgedruk in die manier waarop ons getrou ons tiendes en offerandes na die Stoorhuis (die plaaslike gemeente) bring sodat die huis instaat kan wees om God se roeping te vervul.Ons liefde vir GEESTELIKE FAMILIE
word uitgedruk in die manier waarop ons na mekaar omsien. Ons word geroep om mekaar in daad lief te hê, en nie net in woorde nie. Geld is een van die maniere hoe ons hierdie “liefde in aksie” aan mekaar bewys.
Ons liefde vir DIE MENSE IN DIE WÊRELD
word uitgedruk in die manier waarop ons bid, gee en gaan na ander kulture en nasies wat Christus nie ken en aanbid nie. Christus het ons met God versoen en nou is die bediening van versoening aan ons toevertrou, wat ons motiveer om te bid, te gee en te gaan om ander ook te versoen.
begrooting
Om beheer te kry oor jou finansies kan soos onmoontlike taak lyk, maar met 'n paar regte gereedskappe kan jy vinning op die regte pad kom.
”Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.” 1Timoteus 6:6
Bid vir jou daaglikse brood.
Eer die Here met jou tiende eerste. Gee aan God wat aan Hom behoort.
Tweedens spaar en belê 'n gedeelte van jou inkomste maandeliks.
Betaal rekeninge derde.
Lewe en saai met dit wat oor is.
Inkomste > Uitgawes