Growth weekend
Is ‘n naweek van diep groei vir jou en jou gesin. Op so naweek sal verskillende kursusse aangebied word in verskillende lokale waar jy by een van die kursusse kan deel wees.
Victory training & kids victory training
Een van die fondasies wat ons graag in jou lewe wil vaslê is vryheid. Ons doen dit deur ons Victory Training Naweek vir volwassenes en kinders. Hy wie die Seun vrymaak sal waarlik vry wees.
Voorvereiste: Moet reeds One2One saam iemand voltooi het.
Marriage Experience
Huwelike is belangrik vir God so dis belangrik vir ons. In die Marriage experience maak ons weer belangrike bybelse fondasies vas wat jou huwelik vorm.
Voorvereiste: Moet getroud wees.
Hearing God’s Voice
Hierdie kursus sal jou help om God se stem te herken; sal jou help om te groei in jou verhouding met God; sal jou vermoë verhoog om gepas op situasies te reageer; sal jou help om uit te reik na ander deur God se hart en liefde vir hulle te deel. Die program is vir enige iemand wat God se stem meer duideliker wil hoor en wil groei in die gawe van profesie.
Voorvereiste : Moet reeds Victory training voltooi het.
Let’s Pray
Deur gebed berei ons die grond voor vir die bevestiging van die Koninkryk van God in en deur ons. Gebed bemagtig ons om die opdragte van God op aarde na te kom. Hierdie kursus gaan jou dieper vat in jou gebedslewe
Voorvereiste: Moet reeds one2one saam iemand voltooi het.
KONINKRYKSKOOL
Om God se Woord toe te vertrou aan manne en vroue wat getrou sal wees om wat hulle geleer het aan ander te leer. Koninkrykskool is nie net gerig om ander Christene God se woord te leer nie maar om ander Christene te bekragtig om ander te leer.
Lifestages
Lifestages gaan ‘n sessie wees waar ‘n leier jou gaan help equip deur sekere lewens fase wat jy tans deur gaan. Ons seisoene verander gereeld en die sessies help jou om met hierdie uitdagings te deel.
Meer inligting sal deur gegee word oor wanneer hierdie sessies sal plaasvind.