Ons as gemeente staan verantwoordelik teenoor die Here vir elke siel wat Hy aan ons toevertrou. Ons neem hierdie verantwoordelikheid en voorreg nie ligtelik op nie. Wanneer jy deel word van die Kruislig-familie is dit ons voorreg om hande te vat met jou en jou te help op jou geestelike reis.


Be Engaged

Copy of Hartlik welkom.png

Stap 1

Om in geloof te groei is ‘n intensionele besluit. Dit is beide jou en ons verantwoordelikheid om mekaar te help in hierdie geloofsreis. Jou verantwoordelikheid is om die eerste stap te vat:

Besoek die “Info desk” stasie of

Vul in ‘n vorm - Klik hier


Be Establish

ESTABLISH.png

Stap 1

Familie

Geestelike familie is waar jy die geleentheid gaan kry om ‘n persoonlike pad van dissipelskap te stap met mense wat vir jou lief is, jou lei, jou verantwoordbaar hou en die lewe saam jou geniet, asook waar ons onsself bruikbaar kan maak en dien in die Here se koninkryk.

Join ‘n Connectgroep - klik hier
Volunteer - klik hier

Stap 2

Waarheid

Jesus het gesê sy volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis en dit is belangrik dat jy nie net verstaan wat die Woord ons leer nie, maar ook ‘n dader van die woord sal wees. ‘n Vaste fondasie word gelê met behulp van:

ONE2ONE - Beskikbaar by die info desk
PURPLEBOOK - Beskikbaar by die info desk


STAP 3

VRYHEID

Een van die fondsasies wat ons graag in jou lewe wil vaslê is vryheid. Ons doen dit deur ons Victory Training Naweek. Hy wie die Seun vrymaak sal waarlik vry wees.

Geskied gedurende groei naweek

Be Equipped

EQUIP.png

STAP 1

Make disciples training

Gaan en maak disipels is ‘n opdrag wat Jesus aan al sy dissipels gegee het en ons wil jou graag leer, wys en help hoe om dissipels te maak in ons moderne samelewing.

Geskied Gedurende groei naweek

STAP 2

Volunteer training

Om te dien is die gesindheid van Jesus Christus, soms is ons harte en hande gewillig om te dien maar ons weet nie altyd hoe nie. Volunteer training is daar om toe te rus vir diensbaarheid.

Be Empowered

EMPOWER.png

STAP 1

Begin ‘n Connectgroep

Die lewe van ons gemeente gebeur in ons “Connectgroepe”, dit is ook die primêre plek waar dissipelskap en leierontwikkeling gebeur. As gemeente wil ons almal bekragtig om dissipels te maak, Connectgroepe te lei en kerke te plant.

“run your lane”

Beoefen jou gawes, dien jou hart uit.