“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.”
Die jeug se hartklop is om tieners te help om “sticky faith” te kry. Geloof wat hulle sal bemagtig om die grootmens wêreld in te gaan.
Jeugbyeenkomste
Sondae
Sondae Jeug se fokus is om verhoudings te bou en in die Here se teenwoordigheid in te beweeg. Na ‘n besige week en naweek, wil ons die naweek afeindig as vriende wat lief is vir die Here en wat wil groei in hulle geloof. Dit is ‘n great geleentheid vir iemand wat die Here nie so goed ken nie, om meer van die Here te leer en ‘n ontmoeting te hê met Hom.
Jeug is elke Sondag van 17:00 tot 18:30 gedurende skoolkwartale.