“Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig. ”
Ons het die verantwoordelikheid om die woord van waarheid suiwer te verkondig. Om te weet wat ons glo, om te weet hoekom ons glo wat ons glo en om ander te help om soliede bybelse waarheid te vind. God is lief daarvoor om Sy weg en wil te openbaar aan die wat hom ywerig soek. Ons sal nie Sy versteekte wil vind nie as ons nie Sy openbaarde wil prioritiseer nie.
Koninkrykskool raak ‘n wye spektrum van bybel waarhede aan in die Ou en Nuwe Testament van die Bybel wat noodsaaklik is vir gesonde dissipelskap.
Koninkrykskool help vir :
Verdieping van jou eie persoonlike verhouding met God of ‘n goeie handleiding vir bybel studie groepe. As jy bid , mediteer , memoriseer, reflekteer, beoefen of ander leer kan jy dit doen met die bybelse waarhede.