“Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef,
en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.”
Kruiskids
Weet verseker, by KruisKids hou ons nie die kindertjies besig nie, ons maak hulle volgelinge van Jesus deur hulle te dissipel.
Ons doel is om elke kind wat aan ons toevertrou word wedergebore en Gees vervuld die wêreld in te stuur, sodat hulle van jongs af Sy stem kan ken en Sy wil kan uitleef.