“Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.”
Die wêreld is konstant besig om ons te druk en vorm sodat ons denkwyse verskillend is as die van die Here. Soos wat ons as mans en vrouens bymekaar vergader “slyp” ons mekaar in areas van ons lewens wat ons familie nie noodwendig kan nie, ons geniet goeie geselskap en eet gewoonlik ietsie lig saam. Kom kuier en groei saam. Een aand in ‘n maand is al wat dit van jou vra.
Manne Maandag
Vind elke eerste Maandag van die maand by die kerkgronde plaas, behalwe in Januarie en Desember.
Dit begin 18:00 en maak ongeveer 20:00 klaar.
Vroue Vreugde
Vind elke laaste Woensdag van die maand by die kerkgronde plaas, behalwe in Januarie en Desember.
Dit begin 18:00 en maak ongeveer 20:00 klaar.