Vanaf die parkeerterrein tot by die kansel. Mense getuig deurlopend van die teenwoordigheid van die Here en die tasbare realiteit van Sy liefde onder ons. Ons begeerte is dat elke helper, musikant, kinderherder en leraar deur die liefde van Christus gedring sal word en Hom in alles sal eer, nie net in wát ons doen nie, maar in hóé ons dit doen.
Jy is welkom
Ons besef dat om ‘n gemeente vir die eerste keer te besoek , baie intimiderend kan wees, maar jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ons gaan jou nie vra om te staan, jou hand op te lig of enigiets te doen wat jou blootgestel sal laat voel nie. Kom drink 'n koffie saam met ons.
Ons kleredag is jou kleredrag.
Ons stel meer belang in mense se harte as wat ons besorg is oor hulle uiterlike voorkoms.
Voel vry om aan te trek wat vir jou gemaklik is.
Adres en Dienstye
Plot 305, R24, Waterkloof, Rustenburg, 0299
Sondae Dienstye: 09:00 en 17:00