Connect groepe
“Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê”
Die liggaam van Christus is veronderstel om in sirkels te groei, nie in rye nie. Geestelike groei word bewerkstellig nie alleenlik deur ons verhouding met God nie, maar ook deur ons verhouding met Sy mense.
Connect groepe skep ‘n omgewing waarin jy Christus-gesentreerde vriendskappe kan ontwikkel en jouself omring met mense wat jou sal liefhê, ondersteun en in gebed sal dra.
Volunteer
Die gesindheid van Christus is ‘n gesindheid wat meer gesteld is daarop om te dien, as om gedien te word. In die woord (Filippense 2) word ons as gelowiges aangemoedig om dieselfde gesindheid van diensbaarheid te openbaar.
As jy graag wil deel raak en volunteer by enige area kan jy hieronder kliek.
Victory Weekend
Victory Weekend gaan oor “establishing” sterker geestelike fondasies in ons lewens. Die twee dag naweek help om ons verhouding met God te verdiep en ook ons fokus te stel op geestelike fondasies wat ons lewens pad saam God nodig het.
Om geestelike sterk fondasies te he bevry ons van die leuens wat ons gedagtes oorvat. Dit help om enige krisis of uitdaging met die Waarheid te benader. Johannes 8:32 sê, “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” In Victory Weekend, word ons herinner aan al die waarhede wat God aan ons belowe het.
Die Victory Weekend is net die begin van jou journey na ‘n lewe van vryheid maar dit help jou om jou verhouding met God te verdiep. Hierdeur kan jy ook ‘n lewe van vryheid beleef en veel vrug dra in Sy Koninkryk.