Manne & Vroue aande
“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.””
Ons harte is om ‘n platform te skep waar manne en vroue kan groei, verdiep in hulle verhouding met die Here en kan leer bymekaar.
Kruiskids
“Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.”
Weet verseker, by KRUISKIDS hou ons nie die kindertjies besig nie, ons maak hulle volgelinge van Jesus (dissipels).
Ons doel is om elke kind wat aan ons toevertrou word wedergebore en Geesvervuld die wêreld in te stuur, sodat hulle van jongs af Sy stem kan ken en Sy wil kan uitleef.
Almal tussen die ouderdom van 3 - 6 jaar vir kleuterkerk en 7 - 13 Kinderkerk.
Kontak Sania vir enige navrae 0825568547.
Jeug
Die hartklop van die Jeugbediening is om te lewe in reaksie op God se liefde vir ons, en toe te laat dat Hy mense deur ons sal liefhê.
Ons wil graag tieners help om dissipels (volgelinge van Jesus) te wees en dissipels te maak in elke skool in Rustenburg.
Ons probeer om 'n energieke omgewing te skep waar elke tiener veilig hulle geloof kan ontdek en beoefen.
Ons wil Jesus volg.
Ons wil lewe binne 'n geestelike familie.
Ons wil uitreik na ander.